koop jou kaartjies nou
en spaar!

Die Pretoria Fees: 29 Maart – 1 April by Legends Adventure Farm

Die Pretoria Fees is ‘n opelugskou waar jy alles van huis- en tuinuitstallings tot pluimvee en lewendehawe uitstallings kan kom besigtig. Ons het meer as genoeg vermaak vir die hele gesin. Almal sal iets kry om te doen, en ook iets om aan te smul terwyl hulle na die room van die Afrikaanse musiekbedryf luister.

Kaartjie Pryse:

Algemene Toegang:

R190 per volwassene
R170 per kind onder 12
R140 per pensionaris 
Kinders onder 3 jaar – gratis

Alle kaartjies sluit toegang tot die opelugskou en die musiekfees in.
Die Pretoria Fees bied gratis, veilige parkering aan besoekers.

Ja, jy kan jou eie kampstoel bring, maar los asb jou gazebo, sambreel en koelerboks by die huis.